http://www.im-info.co.za/http://www.integrated-marketing.co.za/

Weskus Jou Lekker Ding Braai Fees

Weskus Jou Lekker Ding Braai Fees

WESKUS JOU LEKKER DING BRAAI FEES - Tietiesbaai, PATERNOSTER 


Die Weskus is ons taal, en Weskus Jou Lekker Ding Fees ons Afrikaanse Braai Fees der Feeste! Ons het perlemoen en ons het vet galjoen, groot rooi krewe en ons het 'n lekker lewe. Dit is, hoe dit is, inni Weskus.​

Ons beoog om die GROOTSTE Afrikaanse Braai Fees Skouspel te wees wat gehou gaan word, wat die Weskaap & Weskus Streek nog die voorreg gehad het om aan te bied, en die Fees sal plaasvind elke jaar.​

Ons Fees beloof om vermaak te bied vir almal, 'all walks of life', en dit wat die Fees die normale man op die straat gaan bied, is ongelooflik. 2 x Bier tente (een vir die jong span (studente, endiesmeer) en een vir die 'over 30's, wat onderskeidelik vir elke groep se 'genre' sal voorsien) en 'n wyn tent, wat al wat 'n Kaapse wynplaas, se wyne sal ten toonstel.​

Ons Fees sluit verder ongelooflike vermaak in vir kinders tot 16, met 'n toegewyde speel terrein en dagsorg fasiliteit, vir ouers om met 'n geruste gemoed en hart hulle kinders toe te laat om al die pret te geniet, sonder hulle toesighouding. 

Ons 'Info Kiosk' sal voorsiening maak vir alle inligting rakende die Fees, en ons stalletjies beloof om iets spesiaals in elk uit te bring, en sal net die beste en mees oorspronklike temas goedgekeur word vir u vermaak, maar wees verseker, by ons Fees, sal u van 'n naald tot 'n Olifant kan koop.

Vir meer inligting:  https://www.weskusjoulekkerding.co.za 

Weskus Jou Lekker Ding Braai Fees
CONTACT DETAILS
Start Date: 27 March, 2020
End Date: 29 March, 2020
Phone: 0762714254
Venue: Tietiesbaai, Paternoster
E-mail: riaan@weskusjoulekkerding.co.za